Koshuis
Huis Jan Stander – Die Legende Leef Voort
Ons bied verblyf aan seuns en dogters van Graad 8-12.
Toegewyde en besorgde personeel sien om na die daaglikse behoeftes van die leerders . Vervoer na buitemuurse aktiwiteite, dokters, tandartse, ens. word voorsien. Op Sondagoggende woon leerders ‘n plaaslike kerkdiens by. Ons ondersteun integriteit, eerlikheid, goeie maniere en liefde vir ons medemens en God as kernwaardes.
Die koshuis is meer as net n tydelike blyplek, dit is ‘n plek waar vriende, familie word.
‘n Tweede tuiste waar ‘n mens kan sosialiseer en onafhankilik word.
My tweede, gelukkige tuiste.
Geskiedenis van Huis Jan Stander
Die eerste Voortrekker seunskoshuis se deure het in 1934 op Mayors Walk oopgemaak. Die eerste hoofseun was D. van der Merwe. In 1986 het Oom Jan Stander die gelyknamige Huis Jan Stander (HJS) geopen en die eerste hoofseun was R. Pretorius . In 1991 is daar besluit dat slegs een koshuis, wat beide seuns en dogters sou huisves, nodig is. Die eerste hoofmeisie was Ursula Weideman. Die eerste
Die eerste superintendent van HJS was Mr D.P. van Rensburg, gevolg deur Mr Jan Nel(Wors). Mr N. Loubser het volgende die posisie beklee, gevolg deur Me A Snyders, Me S Jansen van Vuuren, Mr D Younie en Mr F Wessels. Die huidige superintendent is Me A Oosthuizen.
Koshuispersoneel:
Koshuis Superintendent: Me A Oosthuizen
079 529 6689
Personeel: koshuisseuns
Mnr Slabbert
Mnr Jansen van Vuuren
Mnr Olivier
Mnr Botes
Mnr C Erasmus
Personeel: koshuismeisies
Me van der Walt
Me Jansen van Vuuren
Me Fouché
Me A Gouws

Huis Jan Stander Kombuispersoneel
In vennootskap:
